Thursday, September 30, 2010

The "Legit" World

Who made us to believe that this world we live in is a legitimate “sane” world? I blame it on Capitalism.  Money is the root of all insanity. Either way...

We make assumptions daily. We assume that what we see on our news-channels is the truth.  I believe that the average citizen know nothing more than what this over-ruling authority wants us to believe.

“Ons gaan blindelings deur die lewe en verkies om nie die moontlikheid van ‘n ‘Wêreldmag’ raak te sien nie.'

We prefer not to see it because this reality just sounds too “insane”.
We then pity and criticize those who realise that this insane reality is in fact the truth.

....Net ‘n mening...

"Though knowing that doesn't change a thing - you still need to live legit."

Thursday, September 9, 2010

"Smoorverlief" MK 2009

Vandag presies 'n jaar terug (09:09:09 - 09/09/09) het ons by die studio ingestap... Not knowing what to expect.  Wel.... Dit was life changing. Die mense daar was life changing.

Daar klou 'n sekere Nostalgie aan daardie tyd vas - 'n Nostalgie wat nie wil laat los nie. Die "oom" by wie ons gebly het. Die (h)ond wat 3uur in die oggend vir die maan blaf. Die (h)asie wat ons sommer Ben genoem het. Die "oom" se mini library in sy studeerkamer (waar ons tegnies gesproke in gebly het). Ons eerste keer in Don't Look Down Productions - die plek se INSANE dekor. Die Taxi Violence in Wilma se kar. David se unexpected, yet inspiring, woorde by die cantine - "The salvation has come, I put a smile on your faces". Die konsentraat in die scaley badkamer. Die Black Velvet.  Die "cheerleading" ou in Studio1, Elma, Sean en obsiously ook die ou in die pyjama-pants. Die wawiele saam met Wim en Wilma op Republic se gras. Die tour deur Randburg saam met Tums en die Coco-Pops add wat nie een van ons nog ooit weer gesien het nie. Die instant connection wat ons gehad het...

Dit was die  wêreld waarin ons gemaklik was. Ons het ophou "soek" nadat ons daarop afgekom het.

We knew that we've found what we've unknowingly been looking for.  




ZDM -(MK)Vrede! 

Sunday, September 5, 2010

Listen to Travis!

'n Glas yskoue water (met 'n pikante suurlemoentjie in... o ja en moenie die ys vergeet nie) staan op my lessenaar. Daar staan werklik nooit "beverages" op my lessenaar nie.... Hoekom? Ek is gefokus en ongelooflik perfeksionisties.  (Mooi Dan, wie flous jy nou eintelik?) Nee, die eintelike rede is dat ek soms (al is ek hoe perfeksionisties) baie lomp en verstrooid is, en my klein tegnologiese "heelal" staan ook dag na dag op die lessenaar.

Rustig sit ek en organiseer hierdie klein "tegnologiese heelal" voor my, met die glas water tussen my arm en die laptop (skaars 9 maande oud).  Ek moet dalk ook net noem dat my refleks reaksies nogal op standaard is, ongelukkig nie so op standaard dat ek in beheer is daarvan nie.  Die volgende het ongelooflik vinnig gebeur: Ek het geskrik (vir wat weet ek nie), my hand het vorentoe geskiet, ek het dadelik opgespring, 'n redelike getal kragwoorde het op die heilige Sondag my mond verlaat, ek het die glas weggestamp, die laptop afgesit, uitgeplug en dit omgekeer en probeer droogmaak. Dit is ongelukkig steeds "kop-onderstebo" op die handoek - nou nie meer in een stuk nie.

Ek voel soos 'n IDIOT! 


Ja, nie omdat ek die water omgestamp het nie, maar eerder omdat ek nou al my foto's, werkstukke en 'n hele paar persoonlike files kwyt is. Ek het net vandag besef dat ek verkieslik na Travis (dit is nou my gewete/ die stem in my kop/ wat jy hom nou ook al wil noem) moet luister, hy het inderdaad aan my genoem dat ek nie water na my lessenaar hoef te neem nie - aangesien ek nie eers werklik dors was nie!

Wednesday, September 1, 2010

On January23, 2008 three musicians came together to discuss the electric guitar.

Last night I saw something life changing....(a bit too late, but still life changing).... A documentary following a meeting between 3 generations of guitar virtuosos.


Jack White, Jimmy Page and The Edge


"Who says you need to buy a guitar?" - Jack White 



Watching Jack White talk and play felt as if I could get to know a piece of his soul. His pure sound ferociously grabs your ears and leads them to a tranquil place where you can't get enough of it.

Jack White listening to his favourite artist - Son House.



Playing for The Raconteurs, White played until his fingers bled.


I'm not going into Jimmy Page and The Edge right now (I don't want to give away ALL the good stuff).  There's really not much more I can say, except that anyone who listens to "quality" music NEEDS to see this.... and remember.... It Might Get Loud.


It Might Get Loud - a film by Davis Guggenheim.

Tuesday, August 31, 2010

Our World Of Pantomime




Ons leef in hierdie wêreld van Pantomime wat ons vir onsself geskep het. Doelbewus ontduik ons die woorde wat almal dink, maar niemand sê nie. Hoekom? Jy's bang. Jy's bang vir verwerping - onbewustelik mime jy jou lewe om en staan dan verontwaardig en kyk na 'n "mensdom" wat jou oënskynlik nie verstaan nie.

Moenie vingers wys na almal wat jou alleen op die verhoog los nie, you don't seem to want any company. Diegene wat fine is met die feit dat dit net jy op die stage is - I'm happy for you.
As jy nie van jou selfgemaakte play hou nie... PRAAT. Jy sal unconditional understanding ervaar.

Ongelukkig is "praat" nie so maklik nie - almal kan praat, maar sê jy regtig wat jy wil sê? ..Of mors jy net jou mede mimikus se tyd? Nou ja, dit daar gelaat. Ons is almal 'n klomp actors wat die wêreld se script volg en dan verontwaardig rondstaan.