Tuesday, August 31, 2010

Our World Of Pantomime




Ons leef in hierdie wêreld van Pantomime wat ons vir onsself geskep het. Doelbewus ontduik ons die woorde wat almal dink, maar niemand sê nie. Hoekom? Jy's bang. Jy's bang vir verwerping - onbewustelik mime jy jou lewe om en staan dan verontwaardig en kyk na 'n "mensdom" wat jou oënskynlik nie verstaan nie.

Moenie vingers wys na almal wat jou alleen op die verhoog los nie, you don't seem to want any company. Diegene wat fine is met die feit dat dit net jy op die stage is - I'm happy for you.
As jy nie van jou selfgemaakte play hou nie... PRAAT. Jy sal unconditional understanding ervaar.

Ongelukkig is "praat" nie so maklik nie - almal kan praat, maar sê jy regtig wat jy wil sê? ..Of mors jy net jou mede mimikus se tyd? Nou ja, dit daar gelaat. Ons is almal 'n klomp actors wat die wêreld se script volg en dan verontwaardig rondstaan.