Thursday, November 25, 2010

Society's Child

Die Mens – weereens die onderwerp. Altyd die onderwerp. Word of advice: Moenie probeer om die kommersiële gedeelte van die samelewing te verwyder en te vervang met alternatiewe idees nie. Op die ou end van die dag het jy ‘n gemeenskap vol alternatiewe ideologieë, wat glad nie meer vir jou alternatief lyk nie. Kyk om jou, die proses is al amper voltooi. Die proses is al lankal aan die gebeur, in fact, dit is al amper heeltemal klaar.

Die alternatiewe beweging kan onder geen omstandighede funksioneer sonder ‘n teen-sisteem nie. Dit is nodig. Dit moet daar wees. Sonder dit is daar geen rede om alternatief te probeer wees nie.

So is ‘n nuwe anti-alternatief besig om vorm te kry – let wel ek gebruik die term “anti” nie in ‘n negatiewe opsig nie . Sien dié “anti” as ‘n meer alternatiewe beweging of selfs nog ‘n ander tipe alternatief, nie dieselfde as die vorige Alternatief nie. Enige nuwe alternatief is ‘n kind van die sisteem. Die twee is indirek soos ‘n rebelse adolessent en ‘n konserwatiewe ouer.


Musiek bring die ergste in jou uit.

Tuesday, November 9, 2010

The Downgrade

Ons "Downgrade" om in te pas, nie waar nie? Ons gee dikwels ons intelligensie prys om aan die oppervlakkige gesprek van die samelewing te deel.  Intelligensie word deur baie beskou as 'n bedreiging en goeie taalgebruik intimideer die norm. Dus downgrade jy om deel te wees van 'n of uitsonderlike undercover samelewing of 'n uitsonderlike dom een.

26/11/2010