Die Mens – weereens die onderwerp. Altyd die onderwerp. Word of advice: Moenie probeer om die kommersiële gedeelte van die samelewing te verwyder en te vervang met alternatiewe idees nie. Op die ou end van die dag het jy ‘n gemeenskap vol alternatiewe ideologieë, wat glad nie meer vir jou alternatief lyk nie. Kyk om jou, die proses is al amper voltooi. Die proses is al lankal aan die gebeur, in fact, dit is al amper heeltemal klaar.
Die alternatiewe beweging kan onder geen omstandighede funksioneer sonder ‘n teen-sisteem nie. Dit is nodig. Dit moet daar wees. Sonder dit is daar geen rede om alternatief te probeer wees nie.
So is ‘n nuwe anti-alternatief besig om vorm te kry – let wel ek gebruik die term “anti” nie in ‘n negatiewe opsig nie . Sien dié “anti” as ‘n meer alternatiewe beweging of selfs nog ‘n ander tipe alternatief, nie dieselfde as die vorige Alternatief nie. Enige nuwe alternatief is ‘n kind van die sisteem. Die twee is indirek soos ‘n rebelse adolessent en ‘n konserwatiewe ouer.
| Musiek bring die ergste in jou uit. |
Indie Greetings...
ReplyDeleteThank you!