Tuesday, October 5, 2010

Pretending "Not To Pretend"

Mense is oor die algemeen vir my 'n ongelooflike uitputtende spesie.

Jy kry sekere siele met wie jy vreemd genoeg heelwat goed oor die weg kom, by wie jy kan ontspan, mense by wie jy nie hoef te "dink" nie. Ongelukkig kry jy dan ook weer mense by wie dit vir jou onbewustelik voel asof jy "pretend".  Daardie mense wat meer oor ander "omgee" as oor hulle self.  Hierdie "mense" van wie ek praat suig jou siel uit en gee niks terug nie. Hulle neem al jou tyd en aandag in beslag, maar gee nooit van hulle eie nie. Hierdie mense luister nooit werklik nie. 

Die mense is nie noodwendig sleg, ongewild of karakters met wie jy jou nie wil assosieer nie. Die mense is vriendelik, geduldig, ordentelik, (ek kan 'n hele paar briljante eienskappe opnoem), maar die probleem kom egter in by die woordjie "TE".... Hulle is TE vriendelik, TE geduldig, TE  ordentelik en eenvoudig net "TE GOED".

So goed dat jou onderbewussyn dadelik, in die mense se geselskap, probeer vergoed vir jou doodnormale gebalanseerde lewe deur instinktief  ook "vriendelik" te raak. 

BLY WEG!

Bly weg van hierdie "Goeie Spesie" wat jou persoonlikheid onbewustelik algemeen laat voorkom. Bly weg van die siele wat TE GOED is om na jou te luister.

Don't waste your time on these people, while they're not wasting any time on you.



No comments:

Post a Comment